Entrepreneurs

Entrepreneurs2019-01-31T13:47:07+00:00

Almal kry ‘n geleentheid om deel te neem aan entrepreneursdae.

Leerders koop ‘n lisensie vir R15 by Juf Martie en moet hierdie lisensie op die tafel byderhand hê.

Leerders moet die beginsel van “iets vir iets” handhaaf.

Geen items soos bv “raai hoeveel” of gevaarlike items word nie toegelaat nie. Geen “lewende hawe” bv vissies, sywurms, kuikens ens

Ouers / gesinslede mag behulpsaam wees met die voorbereiding van goedere. Slegs graad 1-3 ouers mag help met verkope. Ons wil graag die gr 4-7 leerders aanmoedig om hul verkope self te hanteer.

Punte word na elke Entrepreneursdag bereken vir die volgende aspekte:

  1. Netheid en aanbieding
  2. Sigbaarheid van lisensie
  3. Mate van selfstandigheid
  4. Teruggee van lisensie met inligting
  5. Wins

‘n Persentasie word bereken en maandeliks word wenners aangewys. ‘n Junior en Senior entrepreneur van die jaar kry trofees.  Trofee wenners word bepaal deur van Januarie tot September se 100% deelname en punte behaal.