Skoolgelde – 2021
per jaar | per maand | |
---|---|---|
Graad R | R18 590 | R1 690 |
Een leerder (Graad 1 – 7): | R18 590 | R1 690 |
Twee leerders (Graad 1 – 7): | R37 180 | R3 380 |
Drie leerders (Graad 1 – 7): | R55 770 | R5 070 |
Busdiens
Ons maak tans gebruik van City Hopper Busdiens. U kan vir Boet Smal skakel op 0724852467.
Waaruit bestaan skoolgeld?
- Instappies
- Skrifte en Handboeke
- Alle afrolwerk en notas
- Kleiner klasse
- Ekstra personeel
- Buite-afrigters by sport
- Opleiding van leiers
- Alle sporttoerusting
- Basiese onderhoud op geboue en terrein
Die skoolgelde is soos volg betaalbaar:
Daar is 11 paaiemente. Skoolgeld is vooruitbetaalbaar en die 1ste paaiement is betaalbaar op 1 Januarie 2021 of op die dag van registrasie voor die skool open.
- Daarna op die 1ste van elke maand.(1 Februarie tot 1 November)
- In totaal is daar 11 paaiemente van R 1 690 per kind – Totaal van R 18 590 per jaar.
- Indien u 4 kinders gelyktydig in Laerskool Broederstroom het, is die vierde kind gratis (Gr. 1 tot Gr 7).
- Wat is die betaal opsies?
- Ouers kan skoolgeld maandeliks, kwartaalliks of jaarliks vooruitbetaal.
- Ons versoek dat u asseblief skoolgeld via EFT of Debietorder betaal.
- Kontant depositos is ‘n risiko, en die koste verbonde aan kontant depositos is baie hoog.
- Wat gebeur as ek vooruitbetaal?
- Om in aanmerking te kom vir afslag van 1 maand se skoolgeld moet die volle bedrag voor 28 Februarie 2021 inbetaal wees (R 18 590 – R 1 690 = R 16 400)
Skoolwinkel ure:
Oggend: 07:30 tot 08:00
Di & Do middae: 13:00-14:00