By Broederstroom Naskool streef ons om elke kind tuis te laat voel.

Huiswerk word volledig en noukeurig met positiwiteit aangepak, die leerlinge word daagliks voorsien van gesonde kos en vrugte.

Kinders speel heerlik en is op die skoolterein vir buitemuurse aktiwiteite. Ons werk hard, speel hard en geniet kinders. Ons raak individueel betrokke by elke kind, en streef daarna om die nodige aandag aan elke kind te voorsien.

Naskoolfooie vir 2020 beloop soos volg:

1 kind: R1040 per maand
2e kind: R930 per maand
3e kind: R860 per maand

Let wel dat daar inskrywingsgeld van R100 per kind gehef word in Januarie 2020 wat vooruitbetaalbaar is met inskrywing in Januarie 2020.

Die maandfooie sluit ook ‘n middagete en koeldrank in.

Dagbesoekers is welkom @ R60 per dag (sluit ete en huiswerk in).

Ure:

Vanaf uitkomtyd tot 18h00 daagliks.

Personeel: Graad R – 3: Francois Grobler
Graad 4-7: Lorette Barnard

Maaltye:

Heide van der Westhuizen
Aggy Molope

Vir enige verdere navrae skakel gerus vir Esther by 071 678 6199 (Finansies)