School Communicator

School Communicator2017-11-21T06:19:17+00:00

image001

Dis vir ons aangenaam om die School Communicator bekend te stel – ’n innoverende en opwindende manier om met ouers te kommunikeer. Die School Communicator hou jou ingelig oor wat by die skool gebeur. Dit word outomaties opgedateer en gee jou al die jongste nuus en kalender-inligting oor geleenthede wat voorlê. Dit bevat ook ’n fotogalery, ’n kontaklys en ’n hele klompie nuttige skakels en dokumente.

Om kommunikasie met jou te verbeter, moedig ons jou sterk aan om die School Communicator op jou rekenaar en selfoon te installeer. Dit is veilig en n word daagliks deur meer as ‘n ¼ miljoen mense wêreldwyd gebruik.

Hoe om weg te trek

Dis maklik om die School Communicator te installeer. Jy kan die installeerder aflaai vanaf die School Communicator-webwerf:

www.school-communicator.com/downloads . Wanneer jy dit aflaai, klik eers op “save” en dan “run”. Jy kan die School Communicator laai op soveel rekenaars as wat jy wil.

Jy kan die d6 School Communicator ook op jou selfoon installeer. Daar is verskillende Apps vir Blackberry, iPhone, en Android. Gaan na www.school-communicator.com/downloads van jou foon af om die App op jou selfoon te installeer.

Altyd op datum

Nuus en relevante inligting word gereeld deur die skool bygevoeg. Jou School Communicator sal outomaties opdateer soos nuwe inligting bygevoeg word. Jy hoef niks verder te doen nie.

Kry net die nuus wat jy wil hê

Jy kan kies watter nuus en kalender-inligting jy wil ontvang. Klik op Verpersoonlik en selekteer die toepaslike opsies uit die lys wat verskaf word.

Hoe sal die School Communicator jou rekenaar beïnvloed?

Die School Communicator is ’n liggewig program en behoort geen noemenswaardige invloed op jou rekenaar te hê nie. In sommige gevalle sal jy dalk jou teenvirus- of vuurmuurverstellings moet verander sodat die School Communicator kan werk. As jy op ’n onderneming se netwerk werk, sal jy dalk die netwerk-administrateur moet vra om jou te help. Meer as 100 000 ouers gebruik reeds die School Communicator suksesvol, tuis sowel as by die werk.

Bandwydte

Die School Communicator gebruik gemiddeld 30Mb data per maand. Dit sal van maand tot maand ’n bietjie wissel, afhangend van hoe dikwels ons die inhoud opdateer, maar behoort nooit buitensporig te wees nie.

Privaatheid

Enige persoonlike inligting wat aan die School Communicator verskaf word (insluitende jou registrasiebesonderhede) is heeltemal privaat en mag net deur die skool gebruik word. Dit mag nie verkoop word of aan enige derde party verskaf word nie. Die School Communicator-bedieners word deur Thawte beskerm om te verseker dat daar geen ongemagtigde toegang tot jou besonderhede is nie.