
1) Agter ons troon die Magalies se kruin,
Rondom weerklink die natuur se basuin.
Vêr die simbool van ons tyd – die atoom,
Vreesloos gedy ons in U, Broederstroom !
Koor:
Kennis deur arbeid – vreugde en lig –
Heer tot U bid ons, maak ons bereid,
Om ons taak te verrig, U lig bly ons lig,
Kennis deur arbeid, vreugde en lig !
2) Kennis deur kundigheid, wysheid van leer,
Kry ons deur arbeid, ons vreugde en eer !
Lig van die wêreld, U fakkel moet skyn,
Duisternis wyk – die nag het verdwyn !
Koor:
Kennis deur arbeid – vreugde en lig –
Heer tot U bid ons, maak ons bereid,
Om ons taak te verrig, U lig bly ons lig,
Kennis deur arbeid, vreugde en lig !